Die kursus is gemik op Proelokaal personeel, Bemarkers, Wyn Adviseurs,  en Skakelbamptes

 

Besoekers aan proelokale en restaurante reageer op aangename, ontspanne en ‘n rustige atmosfeer wat gekomplimenteer word deur diens gedrewe personeel.

Die vlak van kliënte diens en personeel wat passievol en kundig is oor die hele spektrum van die wynmaak proses,  het ‘n groot invloed op die besluit om te koop, die bedrag wat uitgegee word en die aantal bottels wyn wat in die proelokaal verkoop word.

Dit is krities belangrik om personeel op te lei in kliëntediens, kennis van die produk,  die aanbied van ‘n wynproe en ook die verkoop of bemarking van wyn.

Produk kennis moet aangevul word met inligting en kennis oor plaaslike toerisme besoekpunte, akkommodasie en alles wat die wynstreek uniek maak en onderskei van ander streke.

 

Die inhoud van die Aanbied van ‘n Wynproe werkswinkel as volg:

  • Wie is almal betrokke by Wynproe
  • Voorbereiding vir ‘n wynproe
  • Die 5 basiese sensoriese gewaarwordinge
  • Kriteria vir Wynbeoordeling
  • Klassifikasie volgens suikervlak van wyn
  • Wyn style
  • Wynbottels en glase
  • Wat benodig ek om ‘n wynproe aan te bied
  • Die regte prosedure
  • Praktiese Demonstrasie van die aanbied van ‘n Wynproe
  • Praktiese Wenke

Lokaal:  Overhex Internasionaal (R62)

Datum:  31 Augustus 2017

Time: 8h30 – 16h00

Koste: R825,00 + BTW

 

Let asseblief daarop dat ons slegs ‘n beperkte aantal kursusgangers kan akkommodeer.

Ons beveel aan dat u so spoedig moontlik u plek verseker deur die inskryfvorm te voltooi en terug te besorg aan die WTSA kantoor.

Inskryfvorms is beskikbaar van Romena   –  admin@winetrainingsa.co.za  of 021 3000117

 

Inligting oor die reeks Werkswinkels is beskikbaar op ons Hospitality Programme blad